Nuusbrief – 22de Mei 2017

Newsletter – 22nd May 2017
May 23, 2017
Newsletter – 29th May 2017
May 29, 2017
Show all

Nuusbrief – 22de Mei 2017

Goeie dag,

Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het sy voorspelling vir ekonomiese groei in Suid-Afrika opwaarts aangepas en gesê die einde van die ergste droogte in meer as ’n eeu sal landbouproduksie verhoog, terwyl stygende kommoditeitspryse die mynbou sal bevorder. Die IMF voorspel groei van 1% vir die plaaslike ekonomie in 2017, meer as die voorspelling van 0,8% in April.

Die plaaslike aandelemarkte sluit positief vir die week in lyn met wêreldwye ontluikende markte. Die JSE se indeks van alle aandele (iaa) verdien 0,68% en verhandel teen 54 427,30 punte. Die hulpbronsektor was die leidende sektor die afgelope week en styg met 2,61%, gevolg deur die nywerheidsektor, wat met 1,17% styg. Al twee sektore het vanweë die swakker rand-dollar-wisselkoers hoër verhandel.

Die sterkte van die rand was hoofsaaklik as gevolg van dollarswakheid, namate internasionale beleggers die volhoubaarheid van die groeivoorspelling in die Amerikaanse ekonomie onder die Trump-administrasie begin bevraagteken. Die rand verhandel teen R13,23 teenoor die dollar, ’n verbetering vergeleke met die R13,35 van die vorige week.

Die rand verloor waarde teenoor ander groot geldeenhede en verhandel 1,56% swakker teenoor die euro en 0,45% swakker teenoor die Britse pond.

Globale aandele het die afgelope week in ’n nou band verhandel, alhoewel daar ’n klein bietjie onbestendigheid in die middel van die week vanweë die politieke chaos in Washington DC was. Die prys van Brent-ruolie styg tot $52,51 per vat, vanaf die vorige week se $50,77 per vat, te midde van tekens dat die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (OPUL) en groot produsente soos Rusland uitsetbeperkings tot en met Maart 2018 sal behou.

Donderdag het die Britse premier Theresa May die Konserwatiewe Party se manifes vir die algemene verkiesing van 8 Junie bekend gemaak. Volgens berigte in Londen staan die werkloosheidsyfer op 4,6%, die laagste vlak sedert 1975.

Terug op plaaslike bodem het Adjunkpresident Cyril Ramaphosa laas Vrydag met amptenare van Moody’s vergader en hulle verseker dat die regering die bestuur van ondernemings in staatsbesit sal verbeter. Moody’s is die enigste graderingsagentskap wat plaaslike skuld steeds as beleggingsgraad beskou.

Groete.
Eric Streso

Eric Streso

Never invest in a business you can’t understand

Warren Buffet

Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het sy voorspelling vir ekonomiese groei in Suid-Afrika opwaarts aangepas en gesê die einde van die ergste droogte in meer as ’n eeu sal landbouproduksie verhoog, terwyl stygende kommoditeitspryse die mynbou sal bevorder. Die IMF voorspel groei van 1% vir die plaaslike ekonomie in 2017, meer as die voorspelling van 0,8% in April.

Eric Streso
Eric Streso
Eric Streso holds 2 Law degrees, an international MBA in Financial Services, and is a Certified Financial Planner through the FPI. He has more than 20 years of experience in all aspects of financial planning. Eric is a passionate teacher; he lectures at a local Business School which certifies and qualifies financial service practitioners. He has held Senior Executive positions at Sanlam, PWC and mCubed.

Comments are closed.