Nuusbrief – 10de Mei 2017

Newsletter – 10th May 2017
May 23, 2017
Newsletter – 15th May 2017
May 23, 2017
Show all

Nuusbrief – 10de Mei 2017

Goeie dag,

In April kruip Standard Bank Suid-Afrika se bestuurdersaankope-indeks (BAI) nader aan 50,0, maar bly vir April die agtste agtereenvolgende maand bo dié neutrale punt. Volgens die jongste indeksverslag dui dit op die langste opeenvolgende algehele verbetering in bedryfsomstandighede oor vier jaar.

Die rand verhandel vir die grootste deel van die week swakker teenoor die VS-dollar in afwagting van die Amerikaanse Federale Reserweraad (Fed) se besluit oor rentekoerse. Die plaaslike geldeenheid tref die merk van R13,70 teenoor die dollar, maar versterk ná positiewe nuus uit die VSA. Vroeër die week het die Fed besluit om rentekoerse bestendig te hou, maar gesê swakheid in die Amerikaanse ekonomie word vir die eerste kwartaal verwag.

Vrydag was die Amerikaanse werkverslag redelik optimisties, met 211 000 toegevoegde werksgeleenthede vir April, teenoor ’n afwaartse hersiening van 79 000 in Maart. Die werkloosheidsyfer daal tot ’n 10-jaar-laagtepunt van 4,4%. Hoewel die gemiddelde uurlikse verdienste beperk was, het dit minder as die verwagte 2,5% gestyg. Die verslag baan die weg vir moontlike koersverhogings deur die Amerikaanse Federale Reserweraad tydens sy Junie-vergadering.

Emmanuel Macron is die volgende president van Frankryk, moes sy opponent Marine Le Pen toegee nadat sy minder as 35% van die stemme kon kry. Vir Macron en sy nuwe En Marche!-party is die tweede rondte van die parlementêre verkiesings in Junie van kritiese belang, aangesien ’n werkende meerderheid bewerkstelling moet word om Macron effektief te laat regeer.

Ekonomiese groei in die eurosone styg in die eerste kwartaal van 2017 teen ’n geannualiseerde koers van 1,8%. Die bestuurdersaankope-indekse oor die afgelope week dui daarop dat Europese groei verder kan versnel.

Olie raak bestendig nadat dit die eerste keer tot onder $45 ’n vat gly sedert die organisasie van petroleumuitvoerlande (Opec) se instemming om sy uitset in November te verlaag. Dit word toegeskryf aan Amerikaanse skalie se fnuiking van pogings deur Opec om pryse op te stoot.

Groete.
Eric Streso

Eric Streso

You get recession, you get stock market declines. If you don’t understand that’s going to happen, then you are not ready and you will not do well in the markets.

Peter Lynch

In April kruip Standard Bank Suid-Afrika se bestuurdersaankope-indeks (BAI) nader aan 50,0, maar bly vir April die agtste agtereenvolgende maand bo dié neutrale punt. Volgens die jongste indeksverslag dui dit op die langste opeenvolgende algehele verbetering in bedryfsomstandighede oor vier jaar.

Eric Streso
Eric Streso
Eric Streso holds 2 Law degrees, an international MBA in Financial Services, and is a Certified Financial Planner through the FPI. He has more than 20 years of experience in all aspects of financial planning. Eric is a passionate teacher; he lectures at a local Business School which certifies and qualifies financial service practitioners. He has held Senior Executive positions at Sanlam, PWC and mCubed.

Comments are closed.