Nuusbrief – 15de Mei 2017

Newsletter – 15th May 2017
May 23, 2017
Newsletter – 22nd May 2017
May 23, 2017
Show all

Nuusbrief – 15de Mei 2017

Goeie dag,

Die Suid-Afrikaanse politieke omgewing raak al warmer namate die wedloop na die ANC-konferensie in Desember vorder. Die afgelope week se herbenoeming van Brian Molefe as uitvoerende hoof van Eskom het kritiek van opposisiepartye en faksies binne die ANC uitgelok.

Die plaaslike mark het nie op die politieke omgewing reageer nie en in lyn met sekere internasionale indekse hoër beweeg. Die JSE se indeks van alle aandele (iaa) was 0,91% hoër, op 54 063,34 punte. Die mark is hoofsaaklik deur finansiële aandele gedryf. Hierdie sektor sluit 1,44% in die groen, op 15 058,13 punte. Die nywerheidsektor het 0,87% tot die indeks se prestasie bygedra, terwyl die hulpbronsektor slegs 0,43% hoër gesluit het.

Die rand het sagter teenoor die VS-dollar en die euro verhandel, maar was sterker teenoor die Britse pond. Die wisselkoers van die rand was ongeveer R13,37 vir ’n dollar, R14,61 vir ’n euro en R17,20 vir ’n Britse pond.

Die Bank van Engeland het rentekoerse onveranderd gelaat by sy koersbepalingsvergadering Donderdag, maar die Monetêre Beleidskomitee het sy ekonomiese groeivooruitsigte vir 2017 effens afgegradeer tot 1,9%.

Amerikaanse kleinhandelsverkope het in April die snelste in drie maande toegeneem, terwyl vorige maande se data hoër hersien is. Sterk arbeidsmarkte en beskeie stygende lone ondersteun verbruik. Verbruikerspryse in die VSA bly laag, maar styg met 0,2% in April, nadat dit in Maart met 0,3% gedaal het. Die kernverbruikersprysindeks het in April met 0,1% gegroei en was 1,9% hoër in vergelyking met 2016.

Die prys van Brentru-olie het met 3,44% verbeter en sluit teen $50,82 per vat. Goud het die week 0,60% sterker op $1 228,46 per ons geëindig.

Groete.
Eric Streso

Eric Streso

You can get in way more trouble with a good idea than a bad idea, because you forget that the good idea has limits.

Ben Graham

Die Suid-Afrikaanse politieke omgewing raak al warmer namate die wedloop na die ANC-konferensie in Desember vorder. Die afgelope week se herbenoeming van Brian Molefe as uitvoerende hoof van Eskom het kritiek van opposisiepartye en faksies binne die ANC uitgelok.

Eric Streso
Eric Streso
Eric Streso holds 2 Law degrees, an international MBA in Financial Services, and is a Certified Financial Planner through the FPI. He has more than 20 years of experience in all aspects of financial planning. Eric is a passionate teacher; he lectures at a local Business School which certifies and qualifies financial service practitioners. He has held Senior Executive positions at Sanlam, PWC and mCubed.

Comments are closed.