Nuusbrief – 29de Mei 2017

Newsletter – 29th May 2017
May 29, 2017
Show all

Nuusbrief – 29de Mei 2017

Goeie dag,

Inflasie het in April afgeneem tot 5,3% van die 6,1% wat in Maart gerapporteer is. Dit is volgens data wat Statistiek Suid-Afrika Woensdag vrygestel het en is die laagste inflasiekoers wat sedert Desember 2015 aangeteken is.

Kos- en nie-alkoholiese drank het in Maart afgeneem van 1,5 persentasiepunte tot 1,1 persentasiepunte in April. Net so het vervoer afgeneem van 1,1 persentasiepunte in Maart tot 0,7 persentasiepunte in April.

Die rand het tot onder R13 teenoor die Amerikaanse dollar gedaal na positiewe verbruikersinflasiedata en gerugte dat die ANC-leierskap die verwydering van pres. Jacob Zuma tydens die naweek se vergadering van die Nasionale Uitvoerende Komitee sal bespreek.

Suid-Afrika se sentrale bank het Donderdag, soos verwag, sy repokoers bestendig teen 7% behou met verwysing na kommer oor die inflasievooruitsigte, hoewel hy sy groeivooruitsigte gesny het. Die Bank het die BBP-groei vir sowel 2017 as 2018 met 0,2% tot onderskeidelik 1,0% en 1,5%. Die voorspelling vir 2019 is 0,3% laer op 1,7%.

Die JSE het in lyn met globale ontluikende markte negatief gereageer op die nuus van Moody's se afgradering van China se kredietgradering Woensdag vir die eerste keer in byna 30 jaar. Die verwagting is dat die finansiële sterkte van die ekonomie in die komende jare sal erodeer namate die groei verlangsaam en die skuldlas groei.

Dié nuus, wat die finansiële markte geskok het, het ontluikende markte wêreldwyd negatief beïnvloed, en die JSE was nie ʼn uitsondering nie. Dít, tesame met die versterking van die rand, het die mark seergemaak en die Alle Aandele-indeks het 0.80% laer gesluit vir die week. ʼn Sterker rand is gewoonlik slegte nuus vir die dubbelgenoteerde aandele, wat die meeste van hul inkomste in ander geldeenhede verdien.

In die ontwikkelde wêreld het aandele die afgelope week voortgegaan met ʼn sterk lopie wat geleiword deur die Verenigde State, waar rekordhoogtepunte in aandelemarkte aangeteken is. Beduidende korporatiewe verdienste en positiewe ekonomiese data het gehelp om 'n volgehoue vertoning in Amerikaanse aandele te ondersteun, met sowel die S&P 500-indeks as die Nasdaq Saamgestelde Indeks wat Donderdag vars, historiese hoogtepunte gehaal het.

Groete.
Eric Streso

Eric Streso

Markets can remain irrational longer than you can remain solvent.

John Maynard Keynes

Inflasie het in April afgeneem tot 5,3% van die 6,1% wat in Maart gerapporteer is. Dit is volgens data wat Statistiek Suid-Afrika Woensdag vrygestel het en is die laagste inflasiekoers wat sedert Desember 2015 aangeteken is.

Eric Streso
Eric Streso
Eric Streso holds 2 Law degrees, an international MBA in Financial Services, and is a Certified Financial Planner through the FPI. He has more than 20 years of experience in all aspects of financial planning. Eric is a passionate teacher; he lectures at a local Business School which certifies and qualifies financial service practitioners. He has held Senior Executive positions at Sanlam, PWC and mCubed.

Comments are closed.