Newsletter – 10th April 2017
April 11, 2017
Newsletter – 2nd May 2017
May 8, 2017
Show all

Nuusbrief – 2de Mei 2017

Goeie dag,

Die produsenteprysindeks (PPI) het in Desember 2016 met 7,1% gestyg, het Statistieke Suid-Afrika Donderdag aangekondig. Van November 2016 tot Desember 2016 het die PPI vir finaal vervaardigde goedere met 0,5% gestyg. Vir die jaar in geheel was die PPI-inflasie gemiddeld 7%, teenoor die 3,6% vir 2015.

Suid-Afrika se handelsoorskot vir Maart 2017 het sedert Februarie met R5,2 miljard tot R11,44 miljard verbeter. Dit is volgens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se handelsdata vir Maart 2017.

Die Departement van Energie het Dinsdag aangekondig dat brandstofpryse op Woensdag 3 Mei sal styg. In Gauteng sal die kleinhandelsprys van al twee grade petrol, 93 en 95, met 49 sent per liter styg, terwyl die groothandelsprys van diesel met 30 sent per liter sal styg.

Die rand het veld verloor teenoor die belangrikste geldeenhede en teen sowat R13.30 teenoor die VSD verhandel, terwyl dit vroeër in die week teen minder as R13 teenoor die dollar verhandel het.

Die ekwiteitsmark het goed presteer, en die indeks van alle aandele (iaa) was sowat 3,11% hoër. Die mark is deur die nywerheid- en finansiële sektor gelei, wat onderskeidelik 3,14% en 4,29% by die totale wins toegevoeg het. Die hulpbronsektor het 0,85% beter gevaar.

As gevolg van die swak verbruikersvraag het 2017 op ’n trae ekonomiese noot in die Verenigde State begin. Die ekonomie het met slegs 0,7% gegroei, die kwartaal met die swakste groei in drie jaar. Vooruitsigte vir groei in die tweede kwartaal word in die omgewing van 3% tot 4% geraam.

Die Europese Sentrale Bank (ESB) het markte verras deur ’n gedempte toon te behou. Die president van die ESB, Mario Draghi, het aangedui dat negatiewe ekonomiese risiko’s afgeneem het, maar het nie aangedui of, en wanneer, die ESB sy bateaankopeprogram sal inkort nie.

Groete.
Eric Streso

Eric Streso

Although it’s easy to forget sometimes, a share is not a lottery ticket… it’s part-ownership of a business.

Peter Lynch

Die produsenteprysindeks (PPI) het in Desember 2016 met 7,1% gestyg, het Statistieke Suid-Afrika Donderdag aangekondig. Van November 2016 tot Desember 2016 het die PPI vir finaal vervaardigde goedere met 0,5% gestyg. Vir die jaar in geheel was die PPI-inflasie gemiddeld 7%, teenoor die 3,6% vir 2015.

Eric Streso
Eric Streso
Eric Streso holds 2 Law degrees, an international MBA in Financial Services, and is a Certified Financial Planner through the FPI. He has more than 20 years of experience in all aspects of financial planning. Eric is a passionate teacher; he lectures at a local Business School which certifies and qualifies financial service practitioners. He has held Senior Executive positions at Sanlam, PWC and mCubed.

Comments are closed.